1 GOED VIR MOEDERAARDE

If You Care-bakpapier (R79, yuppiechef.com) is gemaak van 100% natuurlike, ongebleikte en chloorvrye perkament-waspapier wat geen geneties gemodifiseerde organismes of allergene bevat nie; dis geskik vir kos toedraai, bak, oondrooster of opwarm.

2 OP REIS MET JOU PROE-KNOPPIES!

Die talentvolle fotograwe en selferkende avontuursoekers Christoph en Diane Heierli het hul kleurryke foto’s en die smulresepte wat hulle op hul reise raakgeproe het, saamgevoeg in ’n ongelooflike kookboek, Let’s Meet in Paradise … a food journey. Kom reis saam met hulle en verken die kookkuns van 11 verskillende lande! Bestel jou eksemplaar (R600, aflewering enige plek in SA ingesluit) deur ’n e-pos te stuur na info@cdphoto.co.za.

3 Op die planke

Ronde of peervormige kapplanke R899 elk, woolworths.co.za

1 Klein maar getryn!

Le Micro Magimix, die voedselverwerker wat ontwerp is om min plek in beslag te neem sonder om doeltreffendheid in te boet (R1899, yuppiechef.com), is die perfekte assistent vir huiskokke. Sy inhoudsmaat van 800 ml maak dit ideaal vir kap, meng en verwerk in klein maat.

2 MOOI ÉN PRAKTIES

Dié Samesyn-plekmatjies (R450 vir ’n stel van ses) kom in verskeie ontwerpe; sien samesyn.shopstar.co.za.

3 TOPPRESTEERDER

Enkele dae ná sy bekendstelling het die Zandvliet Shiraz Rosé 2019 (R85, zandvliet.co.za) ’n dubbelgoue medalje losgeslaan by Rosé Rocks 2019, die kampioenskap net vir Suid-Afrikaanse rosés. Welgedaan!

4 DIE REGTE GEREEDSKAP

Dek ’n stylvolle tafel met die New York Flatware-reeks van Hertex Haus. Die 16-stuk-stel het ’n mat silwer afwerking en die hewwe is in óf swart óf koper versier. Kry dit teen R1700.