1. Die geheim is uit

Die klassieke bakker Martjie Malan se pragtige nuwe boek, Bakgeheime (R450, Quivertree), is ’n meesterklas van voor tot agter waarin sy jou naatloos lei van basiese tot meer tegniese skeppings. Claudia Liebenberg het elke watertand-resep met waterverf geskilder en die boek is ’n fees vir die oë én vreugdevolle leesstof. 

2. Vars en vrugtig

Riebeek Cellars Pinotage Rosé 2018 (vanaf R50 by voorste drankwinkels) kombineer die geure van vars aarbeie en ryp kersies. Geniet dit yskoud saam met ligte etes soos pasta, salm en slaaie. Sien meer by riebeekcellars.com

3.  DAAR’S kuns in elke glas

Die sewe wyne in die nuwe Durbanville Hills Collectors Reserve-reeks is in die beste wingerde in die Kaap geskep. Sewe bakens uniek aan die kontrei is gekies om elke wyn te verteenwoordig, waarna die plaaslike kunstenaar Theo Vorster opdrag gekry het om ’n linosnee te skep wat die eiesoortige storie agterop elke bottel vertel. Die linosneë is met die hand ingekleur, en die Cableway Chardonnay-kunswerk toon vlinders in helderoranje en -geel, kenmerkend van die lemoenskil op die neus en sitrus- en vrugtegeure op die palet. Kry dit by uitgesoekte winkels of durbanvillehills.co.za.

4. Soetigheid vir jou?

Darling Sweet, een van Suid-Afrika se voorste toffie-vervaardigers, het net vier jaar gelede op Darling in die Wes-Kaap begin toffies maak en is reeds ’n huishoudelike naam en groot gunsteling onder plaaslike én internasionale suiker-tande. Die nuwe reeks Soft Caramels komplementeer en vul hul steeds groeiende toffie-versameling aan. Vir nog inligting, besoek darlingsweet.co.za.

5. DRIE IS ’N FEES!

Ná groot opknapwerk is daar nou nog twee kuierplekke onder die dak van die gewilde Tjing Tjing Rooftop Bar in Langmarkstraat in die Kaapse middestad: Die gesofistikeerde Tjing Tjing Momiji op die eerste vloer is tipies van die struktuur, seremonie en presisie van ’n Japanse Kaiseki-spyskaart, terwyl die op en wakker Tjing Tjing Torii op grondvlak klante wil bederf met ’n tikkie Tokio – van tradisionele Japanse laatontbyt, tamago, bento-boksies tot ramen en die lekkerste soetgoed, alles met ’n Tjing Tjing-kinkel. Bespreek by tjingtjing.co.za.