1 Teetjie vir jou?  Maak ’n stelling met ’n 1-liter-Maxwell Williams Kasbah-teepot R699, home.co.za.

2 Koester ons erfenis Cape of Good Hope Riebeeksrivier Chenin Blanc (R150, shop.rupertwines.com) kom van bosstok-wingerde wat al in 1988 op die plaas Riebeeksrivier teen die hange van die Kasteelberg aangeplant is. Die subtiel gehoute wyn met sy talmende vrugtesmaak is die perfekte pasmaat vir geurige hoender-espetadas. Die Cape of Good Hope-reeks vorm deel van die Old Vine-inisiatief wat Johann Rupert in 2007 begin het met die doel om Suid-Afrika se wynbougeskiedenis te gedenk met terroir-spesifieke wyne. Besoek rupertwines.com.

3 Out of an African Kitchen: Recipes & Stories deur die hotel- en gastehuis-eienaar Nicky Fitzgerald (R290, penguinrandomhouse.co.za) is ’n lekkerlees-versameling resepte, herinneringe en staaltjies uit die boskombuis by Angama Mara op die rand van die Groot Skeurvallei en met ’n uitsig oor die lieflike Maasai Mara-reservaat in Kenia. As die inperking jou voete laat jeuk het vir reis, is dié boek in jou kraal!

4 ’n Lus vir die oog! Smeg-potte en -panne is perfek vir gas-, induksie- en elektriese plate, en kom met ’n 10-jaar-waarborg. Sien die hele reeks by home.co.za.

5 Die sjef se keuse Die Clover Classic Chef Mayonnard’s Tangy Mayonnaise-reeks is ’n bron van 10 vitamiene en jy kan kies tussen matig, mediumsterk en sterk. Dis voorwaar ’n mayo vir elke okkasie! Besoek clover.co.za.

6 So dierbaar MRP Home stel dié lente ’n nuwe reeks breekware in samewerking met die illustreerder Georgina Taylor bekend. Kyk net hoe mooi is hierdie stel van vier kleinbordjies (R169,99, mrphome.com)!

1 Kies gesonder Die nuwe Philips Premium Airfryer XXL (R7 199, yuppiechef.com) spog met roosgoue aksente en ’n inhoudsvermoë van 1,4 kg. Sy Smart Sensor pas die tyd en temperatuur outomaties aan vir perfekte resultate, en danksy Rapid Airflow-tegnologie is jou kos 1½ keer gouer gaar as in ’n gewone oond. Geen verhitting vooraf is nodig nie en spesiale tegnologie skei en vang oortollige vet en olie op sodat jy gesonder maaltye kan geniet.

2 Pure bederf Lus vir ’n dekadente sjokoladenagereg maar sien nie kans om een te maak nie? Clover se Bliss-sjokoladesuiwel-nagereg is gereed vir eet – sonder die sleur van klop, kook of bak! Kyk uit daarvoor by voorste supermarkte. Besoek clover.co.za.

3 Oor die kole Hou jou lyf bobaas-braaier met ’n Jan Braai-vlekvryestaalrooster (R699, woolworths.co.za).

4 Skattejag! Plan B Vintage in Durbanville is een van ons gunstelingbestemmings wanneer ons tafeltooisels, soos dié in ons kosstorie, soek. Hier bedryf Bibette Prins en haar vriendelike personeel ’n keurig uitgesoekte skatkis mooigoed te kus en te keur. Alles – van die breekgoed en kraffies tot die juweliersware en linne – vertel ’n storie. Volg hulle op Facebook @PlanBDecor; hulle versend landwyd.

5 Perfekte maats Suid-Afrika se boetiek-jenewerbedryf bars uit sy nate met infusies van inheemse plante soos fynbos, rooibos en boegoe. Fever-Tree, wat wonderlike mengers maak, het wyd en syd gaan soek na die beste bestanddele vir hul individueel vervaardigde tonikums wat die geure van die sterkwater komplementeer. Ons is dol oor African Craft se Honeybush Gin gemeng met Fever-Tree se Elderflower-tonikum, afgerond met pomeloskil en ’n takkie tiemie. Soek jou eie mengsel @FeverTreeZA op Facebook.

6 Local is lekker Voortreflike Vusa-vodka word in die KwaZulu-Natalse Middelland in ’n koperketel gestook van plaaslik gekweekte suikerriet en suiwer water. In ’n unieke filtrasieproses word die dop van die kremetartvrug ingespan vir ’n kraakvars smaak. Sien vusavodka.com.