1 Going Home (R450, sophialindop.com) vertel van Sophia Lindop se reis na Libanon op soek na haar wortels. Die boek verken die geregte waarmee sy grootgeword het, asook dié wat sy aan tafel by haar nuutgevonde vriende en familie leer ken het. Kry inspirasie uit sout en soet disse, soos vrugtige baklawa-samoesas, ma’amoul (koekies met dadels en neute) en geurige rys-pilafs. Spesiale aanbod! Tuis-lesers betaal net R400 per eksemplaar; stuur e-pos na annakem@mweb.co.za.

2 Elke wyn vertel ’n storie... Dis die leuse by Muratie, ’n geskiedkundige landgoed in die pragtige Knorhoek-vallei noord van Stellenbosch in die Simonsberg-wynwyk. Muratie, gestig in 1685, is een van die oudste plase in die land. Proe dié geskiedenis en erfenis terwyl jy aan die Muratie Martin Melck Cabernet Sauvignon 2015 (R200 by die kelder) of die Muratie Ronnie Melck Shiraz 2016 (R190 by die kelder) teug. Sien meer by muratie.co.za.

3 Dek ’n prettige tafel met blaarvormige vilt-plekmatjies (R25,99 elk, mrphome.com).

4 Klink ’n glasie Summer Tea-glase (pers, helder, indigo en akwa) R45 elk, woolworths.co.za

5 Maak jou nagereg ’n wenner met die klaar bereide, romerige Clover Classic Custard (R24,99/kg, winkels landwyd) – ’n smaak waaroor die hele gesin dol sal wees.

6 Van die plaas na die tafel UCOOK, wat bekend is vir sy oulike maaltye in ’n boks, verskaf nou ook Market Boxes – ’n keur uit die beste vars produkte wat in Kaapstad verbou word. Boonop lewer hulle voor jou deur in Kaapstad en omgewing af. Hulle het ’n vennootskap gesluit met plaaslike boere en kleinskaalse ondernemings om ons kos-ekonomie aan die gang te hou in hierdie onseker tye weens Covid-19. Besoek farmersmarket.ucook.co.za om te bestel en die boere agter die produkte te leer ken – en kry boonop liplekker resep-idees!

1 Sit tapas, snoephappies of brood in styl voor met dié borde van Franse eikehout gemaak deur die Laid Back Company (R1 119 vir ’n stel van 4, yuppiechef.com).

2 Berry Rose en Elderflower White, twee nuwelinge in die Duchess Spritz-reeks, is ligte en verfrissende alkoholvrye wyndrankies. Dis gemaak van die beste wyne waaruit die alkohol verwyder is en natuurlike botaniese ekstrakte, en bied ’n mengsel van vrugte- en blomgeure met borrels en ’n onmiskenbare wynervaring. Koop dit aanlyn by yuppiechef.com of by jou plaaslike Spar.

3 Libertas Vineyards & Estates se Wine + Food is ’n toeganklike gids tot wyn-en-kosparings. Dit maak wyn- en kosliefhebbers touwys oor die basiese beginsels van wynproe met behulp van Vickie de Beer se heerlike, beproefde resepte en wynaantekeninge deur Fiona McDonald. Dis beskikbaar by Alto Estate, Durbanville Hills, Nederburg en Plaisir de Merle teen R225 vir die sagteband- en R380 vir die hardebanduitgawe.

4 Dié bedrukte katoen-kosdoeke van Schattig is pragtig én veelsydig! Dit kom in twee groottes (75 x 55 cm; R155 en 1 m x 75 cm; R300) en met ’n waarborg dat dit nie sal verbleik of krimp nie. Boonop is dit masjienwasbaar! Koop aanlyn by schattig.co.za.

5 Clover se bekostigbare Olive Pride Blend of Seed Oils & Extra Virgin Olive Oil (R64,99, winkels landwyd) is die perfekte veelsydige olie vir braai, rooster, bredies, bak of sprinkel. Probeer dit gerus!

6 Barker and Quin, die skeppers van Suid-Afrika se eerste premium-tonikumwater, verskaf nou ook die eerste alkoholvrye gedistilleerde jenewer in die land onder die naam John Ross. The Pioneer, gemaak met die voorste Suid-Afrikaanse heuningbos, bevat 0% alkohol en is die perfekte pasmaat vir hul Finest Indian Tonic Water. Geniet dit op ys met ’n stukkie pypkaneel en ’n skeut suurlemoen of skyfie pynappel. Besoek barkerandquin.co.za.