1 So burgerlik boheems!

Bobo’s in Mouillepunt, Kaapstad, het ’n eklektiese interieur: geblomde plakpapier en sitplek met diep knoopdetail word gekombineer met ’n avant-garde-sitkamer met boekrakke, fluweelstoffering en teëls in die Mediterreense styl. Geniet die fantastiese see-uitsig met ’n mengeldrankie in die hand, teug aan ’n glas Franse sjampanje en smul aan klassieke Franse bistro-disse – met ’n kinkel, natuurlik. Besoek bobosbrasserie.co.za.

2 ELKE BORREL TEL!

Met die Le Creuset Champagne Star (R275, lecreuset.com) kan jy vonkelwyn oopmaak sonder dat ’n druppel verlore gaan. Die stewige klou-ontwerp trek die prop uit én hou dit vas.

3 YSKOUD!

As jy van seekos hou, maar nie altyd vars kan koop nie, kyk dan na Woolworths se gerieflike bevrore opsies: Noorweegse salmporsies, staatmakers soos visvingers en meelbestrooide stokvis, of ontbeende, individueel toegedraaide forelporsies. Die stokvis, koningklip en Kaapse wyting is almal verantwoordelik en wild gevang om getalle vir die toekoms te bewaar. Besoek woolworths.co.za

4 Glasie vir jou? 

Sit jou borrels stylvol voor in dié retro-glas met sy goue rand (R85 elk, poetrystores.co.za).

 1 OP ’N STREEP 

Gonk Industries is ’n kos-emporium by 4de Laan 51 in Linden, Johannesburg (langs die gewilde dekorwinkel Gonk). Hier het jy ’n keuse van die voorste deli-produkte – fyngebak, varsgebak, ingelê en meer, alles van plaaslike handelsmerke soos Sugar & Vice, Julia K Ceramics, Authentic Food, Romesco en The Cooksister. Die produkte staan pragtig uit teen die wit mure met hul lyntekeninge; besoek gonk.co.za.  

2 Afrika se beste

Met The Africa Cookbook (R390, Quivertree) neem Portia Mbau, ’n sjef en die stigter van The Africa Café, jou op ’n kosreis. Portia het in 1992 ’n restaurant oopgemaak waar sy sedertdien disse voorsit wat deur haar reise op die vaste-land geïnspireer is. Met haar staatmaker-resepte in dié boek kan jy die geure van Afrika in jou eie kombuis nadoen. 

 

3 Sê dit met blomme

Stal jou gebak uit op die Maxwell Williams Contessa-dienbord (42 cm; R499, home.co.za).

1 UIT DIE BERG 

Cedarberg Aqua Tonic Water word in Citrusdal gemaak met suiwer mineraalwater en elk van die geure in die reeks – Classic, Twist of Lemon, Buchu, Rose, en Blueberry – het ook ’n suikervrye weergawe. Bestel by cedarbergaqua.com.

2 Kyk net die pragtige bottel waarin die nuwe Durbanville Hills Sparkling Rosé (R90 by die kelder) kom! En met ryk vrugte-aromas van aarbeie en sitrus, asook Turkse lekkers, roosblare en spookasem op die neus is die inhoud net so aangenaam. Dié wyn is gemaak vir die somer en pas perfek by gemengde bessies en room, vars oesters, gerookte salm, soesji of taai ribbetjies – en sonsondergange! Besoek durbanvillehills.co.za vir inligting.

3 VOOR JOU DEUR 

Die aanlyn-kruidenier buyfresh.co.za sny die kleinhandelaar uit en verbind klante met goeie, volhoubaar verkrygde vars en verpakte produkte. Bestellings oor R350 word gratis afgelewer; klante in Kaapstad en omgewing wat voor 10:00 bestel, kry dit dieselfde dag. Die beste van als? Die pakkie word in eko-vriendelike koelsakke met yspakkies verpak.  

4 AS DIE SON SAK

Bedags hang Kaapstad se koffieliefhebbers uit by Truth Café vir ’n koppie boeretroos, maar ná 18:00 gaan alles hier om mengeldrankies en kos. Die nuwe Gastro-Kaap-ervaring by TRUTH. After Dark bied byderwetse weergawes van drankies soos ’n verfrissende Orosie. Geniet dit saam met trooskos soos pap en wors of Nie Jou Ma se Yellowtail Frikkadel nie. Sluit die aand af met hul weergawes van tradisionele poedings. Besoek za.truth.coffeeFoto Crave Photography