1 Clifton Cocktail Gin (R429, cliftongin.com), met sy minerale en mentol-geure van kelp en kapokbos, vang die vars smaak van die Atlantiese Oseaan perfek vas. Sweempies sitrusskil en komkommer word gesteun deur die kruiegeur van boegoe, een van die Kaap se kenmerkendste plante.

2 Met Vickie de Beer se Low-Carb Express (R320, Penguin Random House) kan jy smaaklike etes kook wat nie net goed is vir jou en jou geliefdes nie, maar ook lig op jou sak! Of jy nou vyf minute het om ’n heilsame roereier of ’n smoothie met ’n hulpstoot vir jou immuunstelsel saam te slaan, of ’n halfuur vir die lekkerste laekoolhidraat-bobotie of -kolwyntjies, Vickie bewys dat daar g’n so iets is soos te min tyd vir beter koskeuses nie!

3 Slaai-maats Hierdie stel slaailepels van geklopte metaal sal beslis die oog vang op jou tafel (R349, home.co.za).

4 DIE WARE JAKOB Clover Authentikos is die enigste jogurt in egte Griekse styl in SA! Hou by die gewone of kies geure soos klapper, appel en kaneel – perfek vir ontbyt, snoephappies, doopsouse en kook! Drie hoera’s! Clover- vars melk bied nou Triple Protect: dubbele suiwering lei tot minder bakterieë; diep verkoeling behou nutriënte; en ultra-skoon verpakking waarborg zero-bederf. op ’n drafstap Kikker jou dag op met heerlike Super M Chocolate, Vanilla, Strawberry, Banana of Cream Soda! Geniet dié gegeurde melk warm of koud– dis njammies! Vind meer uit by clover.co.za.

1 MET GOEIE BEDOELINGS Kry Goedgedacht se ekstrasuiwer olyfolie en verwante produkte soos tafelolywe, olyfpasta en olievrye slaaisouse met ’n vrugte-infusie aanlyn! Die opbrengs gaan aan die Goedgedacht-Trust wat selfonderhoudende plattelandse gemeenskappe in die land help bou. Sien goedgedachttrading.com.

2 Isabella Niehaus is ’n kok met ’n passie vir die Weskus, sy mense en veral sy seekos! Isabella se Mussel Feast, die eerste in ’n reeks e-boeke uit haar kombuis, bied jou 15 maklike resepte – elkeen ’n feesmaal met vars mossels. Laai dit regstreeks af by isabellaniehaus.co.za teen net R150.

3 Vir elke maal Serious Cook-meultjie met draai-arm R499, woolworths.co.za

4 SOUT VAN DIE AARDE Alles omtrent Groote Post Seasalter Sauvigon Blanc weerspieël die bekroonde wynplaas se Weskus-terroir. Die naam beklemtoon die besonderse mineraliteit van Groote Post se witwyne, terwyl die vars verpakking pure Weskus spel. Groote Post Seasalter Sauvignon Blanc 2020 (R151, groote-post-wines.myshopify.com) is ’n intense sauvignon blanc versny met 10% semillon; dit spog met sitrusnote, ’n sweempie fynbos en ’n tikkie eikehout op die palet. Besoek grootepost.co.za.