1. Roer die water, botter, suiker en sout saam in ’n pot oor matige hitte tot gesmelt en bring tot kookpunt. 

2. Verwyder dadelik van die hitte en roer al die meel op een slag by tot dit ’n deegbal maak wat van die pot se kante af wegtrek. 

3. Klits die eiers een-een by tot die mengsel blink en glad is. Skep dit in ’n spuitsak met ’n sterpunt, reg vir gebruik. Laat rus in die yskas tot koud – die deeg sal effens “verstewig” en mooier vorm behou in die olie. 

4. Verhit die olie in ’n kastrol. Spuit die deeg versigtig in die warm olie en knip met ’n skerp skêr ewe lang stukke af. Braai tot goudbruin, draai om, braai die ander kant bruin en dreineer op kombuispapier. 

5. Sit voor op een van dié maniere:

Opsie 1

Rol elke churro in strooisuiker ensit voor met sjokoladesous: Smelt 200 g donkersjokolade, 250ml room en ’n knertsie donker rum saam tot glad en dik.

Opsie 2

Sit die churro’s voor soos ’n koeksister deur dit warm in yskoue stroop te dompel. Maak die stroop so: Roer 250 ml kookwater, 375ml suiker, 15ml suur­ lemoensap, 5ml rooswater, 2 kaneelstokkies en 3 kardemompeule saam oor matige hitte tot al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute. Laat heeltemal afkoel en sit dit dan in die yskas tot yskoud. Dompel die churro’s warm in die stroop en laat intrek. Hou in die yskas en eet dieselfde dag. 

Ek het die idee van churro’s in koeksister-gedaante in Barbara Joubert se boek Kostalgie gesien. Slim, nè? – Johané