Oondtemperatuur: 180°C

1 Meng al die vrugte en week dit vir ’n uur in die likeur.

Smeer ’n ronde oondbak met die sagte botter en strooi die suiker eweredig oor die bodem. Versprei die vrugte in ’n eweredige laag bo-op. Voorverhit die oond.

3 Maak die beslag Klits die eiers, room en melk saam en hou eenkant. Sif nou die meel, bakpoeier, strooisuiker en seesout saam. Klits die vloeistof geleidelik by die droë bestanddele tot ’n gladde beslag vorm.

4 Giet die beslag oor die vrugte en bak vir 35–45 minute of tot opgepof en hier en daar ligbruin. Sif die versiersuiker oor en sit voor met ’n lepel dikroom of roomys.

* As jy nie alkohol wil gebruik nie, week die vrugte in 15ml rooswater.