1. Sit die eierwitte, suiker, glukose, kremetart en geursel in ’n glasmengbak en klits met ’n elektriese klitser tot gemeng. Plaas nou die mengbak oor ’n kastrol met ’n bietjie kookwater in op ’n stoofplaat en klits op hoë spoed vir sowat 10–15 minute of tot die meringue dik en glansend is.

2. Haal die mengbak van die hitte af en klits tot die mengbak heeltemal afgekoel het; die meringue kan oorgaar word as die bak warm is. Skep die meringue in ’n spuitsak met ’n sterpunt.

3. Spuit ’n spiraal op elke koekie; laat rus dit dan vir sowat 30 minute in die yskas.

4. Smelt die sjokolade saam met die klapperolie (dit maak die sjokolade dunner) en drup dit oor die meringue-torings. Jy kan die koekies ook in die sjokolade doop vir ’n meer eweredige bedekking. Besprinkel met klapper vir ekstra lekker en laat die sjokolade hard word.

Wenk Skep ’n klein lepel karamel op die koekies voor jy die meringue-kombersie bo-oor spuit vir ’n soet verrassing as jy daarin byt.