Oondtemperatuur: 220°C

1 Roer die suiker, water en suurlemoenskil vir die stroop saam oor matige hitte totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en kook vinnig vir 5 minute. Verwyder van die hitte.

Terwyl die stroop kook, klits 125 ml van die melk by die meel tot glad. Verhit die res van die melk saam met die vanieljepeul tot kookpunt. Klits dan die warm melk geleidelik by die meelmengsel tot glad. Skep terug in die kastrol.

Voeg nou die suikerstroop in ’n dun straaltjie by die melkmengsel terwyl jy klits tot glad. Klits die room en eiergele by tot glad. Hou aan met klits oor matige hitte tot effens verdik. Laat afkoel vir 10 minute.

4 Meng die meel, versiersuiker en kaneel om die doppies mee te geur en strooi ’n lagie daarvan oor jou werkoppervlak. Rol nou die deeg versigtig daarop uit in ’n groot reghoek van 45 x 30 cm. Strooi ook van die speserymengsel oor die deeg en rol dit dan weer in die lengte op in ’n lang wors.

5 Sny die deegrol in 12 gelyke dele en maak elkeen staan dat die speseryspiraal na bo wys. Rol elke spiraal plat in ’n sirkel net groter as die holtes van ’n muffinpan. Spuit die holtes met kleefwerende kossproei en voer elke holte met ’n deegwiel uit.

6 Voorverhit die oond. Vis die vanieljepeul en suurlemoenreep uit die kastrol en verdeel die vla tussen die 12 tertdoppies. Bak vir 15–20 minute of tot mooi bruin en uitgerys. 

Let wel
Oonde verskil, en by so ’n hoë oondtemperatuur moet jy die tertjies maar dophou. Dis belangrik dat die deeg deurbak en die vla mooi bruin word.