1. Kook 4 liter water in ’n groot kastrol. Doop die eend vir sowat 5 minute in die kookwater om dit goed te blansjeer. Haal uit en druk droog met kombuispapier. Meng die heuning, mielieblom, asyn en sjerrie en verf dit oor die vel. Laat die eend vir 6 uur hang of sit dit onbedek op ’n rakkie in die yskas.

2. Voorverhit die oond (230°C). Sit die eend op ’n rakkie oor ’n oondroosterpan met die borsgedeelte na bo, en rooster dit vir 10 minute. Draai die eend om en rooster dit vir nog 10 minute. Verlaag die oondtemperatuur na 180 °C en rooster die eend met die borsgedeelte na bo vir sowat 1–1½ uur of tot dit gaar is en die vel ’n ryk bruin kleur het. Draai die eend in dié tyd een keer om. Haal die eend uit die oond en laat dit rus.

3. Maak intussen die Chinese pannekoekies Sif 120g koekmeel en 5ml sout saam. Maak ’n holte in die middel en giet twee geklitste eiers daarin. Voeg ook 125 ml melk by. Klits alles saam tot glad en gemeng. Voeg laastens 50 ml gekapte sprietuie by. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en giet ’n bietjie beslag daarin. Braai dit vir sowat 1 minuut en draai om.

4. Sny of vlok die eendvleis in klein stukkies. Smeer ’n bietjie soet Indonesiese sojasous oor elke pannekoekie en pak die eendvleis en die res van die vulselbestanddele bo-op; rol die pannekoekies op.