1. Voorverhit die oond (200°C ). Meng die meel, suiker en sout.

2. Klits die melk, eiers en vanieljegeursel saam en voeg die droë bestanddele by die eiermengsel. Klits tot glad en laat vir 30 minute staan.

3. Smelt die botter in ’n oondvaste 20 cm-pan op die stoof oor matige hitte. Giet die beslag in die pan en sit dit vir 15–18 minute in die oond. Die pannekoek is gaar sodra dit opgepof en ligbruin van kleur is. Dit sal donkerbruin aan die kante wees. 

Sit dit voor...

Haal die pan uit die oond en glip die pannekoek op ’n dienbord. Stip met botter. Sif ’n bietjie versiersuiker oor en sit die pannekoek in skywe voor saam met enige van die volgende: vrugte, Nutella, heuning, Griekse jogurt, suurlemoensmeer of selfs grondboontjiebotter.