Wat is “potstickers”?

Dié Oosterse deegbondeltjies kan verskillende vulsels hê en word met ’n geurige doopsous voorgesit. Soms word dit eers gestoom en daarna in ’n pan gebraai tot gaar (vandaar die naam); ek braai hulle eers en stoom hulle dan om seker te maak die vulsel is gaar. 

1. Plaas die maalvleis in ’n mengbak. Voeg die sampioene, knoffel, sprietuie, hoisinsous, gemmer, sesamolie en brandrissie by die vleis in die mengbak en meng dit met jou hande deur.

2. Sprinkel 5 ml sout oor die kool in ’n vergiettes en laat staan vir 15 minute. Druk die oortollige vloeistof uit die kool met jou hande nadat dit gestaan het. Voeg die kool by die maalvleis.

3. Skep 15 ml van die vulsel op elke deegsirkel. Maak ’n mengsel aan van 15ml mielieblom en 60ml water. Vryf dit op die rand van die deegsirkel voordat jy die deegsirkel oorvou en die rande vasknyp. Bedek die deeg met kleef- plastiek om te keer dat dit uitdroog.

4. Verhit die sonneblomolie in ’n groot platboompan of kastrol met ’n deksel. Braai die deegbondeltjies in ’n enkellaag tot goudbruin onder – sowat 1 minuut. Voeg 60 ml water by en sit die deksel op. Laat dit vir sowat 3 minute stoom. Lig die deksel op en laat die oortollige vog wegkook. Meng al die bestanddele vir die doopsous en sit die potstickers onmiddellik met die doopsous voor. 

Wenke
  • ’n Bamboesstoommandjie werk goed as jy nie die potstickers in die pan wil gaar stoom nie. Gebruik ’n wok waarin die mandjie knus pas oor ’n vinger kookwater. Laat dit dan van onder gaar stoom met die mandjie se deksel op.
  • Vervang die helfte van die varkmaalvleis met 250 g rou, skoongemaakte garnale. Vervang ook die sampioene met geblikte bamboesspruite. Plaas alles in ’n voedselverwerker en pols totdat die garnale fyngemaal is. Voeg die res van die bestanddele by en voltooidie resep soos hierbo.
  • Potstickers kan gevries word. Doen dit voor jy dit gaarmaak. Plaas die bondeltjies oop langs mekaar op skinkborde en laat dit vries tot hard; bêre dit daarna in lugdigte houers of plastieksakkies in die vrieskas.
  • Koop die deeg by enige van die groot supermarkte of by jou naaste Chinese koswinkel.