Genoeg vir: 4 x 23cm-röstis

Bereidingstyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 20 minute

• 1,5 kg aartappels

• 2 ml sout

• 125 g swoerdlose spek, gekap

• 30 ml botter

1 Sit die aartappels in ’n kastrol en bedek dit met koue soutwater. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut die aartappels vir sowat 10 minute. Dreineer die aartappels en skil sodra hulle koud genoeg is om te hanteer. Rasper die aartappels grof.

2 Braai die spekvleis in ’n braaipan in die helfte van die botter totdat al die vet uitgebraai is. Versprei die gerasperde aartappels in ’n dik laag saam met die spek in die braaipan. Braai dit oor lae hitte vir sowat 10–12 minute.

3 Gebruik ’n eierspaan en lig die aartappelkoek van tyd tot tyd versigtig op om seker te maak dit raak nie te bruin aan die onderkant nie. Laat die rösti goudbruin aan die onderkant braai; plaas ’n bord onderstebo op die pan en keer die rösti op die bord om. Verhit die oorblywende botter in die braaipan tot warm en skuimerig en glip die rösti terug in die braaipan met die goudbruin kant na bo. Braai dit vir nog 8 minute oor lae hitte tot die ander kant ook goudbruin is. Sit dit voor Keer die rösti uit op ’n dienbord en sit dit voor saam met geposjeerde eier en hollandaisesous, soos vir Benedict-eiers.

Variasie: Gerookte salm, roomkaas en kaviaar is ook heerlik op rösti.

PLUS: 5-bestanddeel hollandaise-sous

• 40 ml witwynasyn

• 1 lourierblaar

• 3 swartpeperkorrels

• 2 eiergele

• 100–125 g ongesoute botter, in blokkies gesny

• sout en peper

1 Verhit die asyn, lourierblaar en swartpeperkorrels in die mikrogolfoond. Laat dit ’n rukkie staan om die asyn te geur. Giet dit dan deur ’n sif. Gooi die louwarm asyn by die eiergele in ’n mengbak terwyl jy dit aanhoudend klop oor ’n kastrol met water wat stadig prut. Maak seker die water raak nie aan die mengbak nie.

2 Klop die botterblokkies een-een by die eiersous; hou aan klop totdat elke blokkie gesmelt het voordat jy die volgende een byvoeg.

3 Sodra die helfte bygevoeg is, kan jy die res vinniger byklop. Geur die sous met sout en peper.