1 WITSOUS

Smelt die botter in ’n kastrol, roer die meel by en braai 2 minute tot skuimerig. Haal die kastrol van die hitte af en klits die aftreksel by. Sit terug op die hitte en kook nog 2 minute. Klits die eiergele by en hou aan met klits oor matige hitte tot baie dik. 

2 VULSEL

Braai die ui, chorizo en brandrissie saam in die olie tot geurig. Roer die tamatiepasta, pietersielie, garnaalvleis en suurlemoensap by. Roer die geurige mengsel by die witsous en geur na smaak met sout en peper. Laat heeltemal afkoel. 

3 DEEG 

Bring die water, sout en botter saam tot kookpunt in ’n klein kastrol. Verwyder van die hitte en roer die meel met ’n houtlepel by. Sit terug op die hitte en roer vir ’n paar minute tot die deeg van die rande af weg-trek. Keer uit en laat afkoel tot hanteerbaar. 

4 VORM

Verdeel die deeg in die helfte (’n kleiner hoeveelheid werk makliker). Rol dit dun uit en sny sirkels uit met ’n ronde 8 cm-koekie-drukker. Skep ’n teelepel vulsel op die een helfte van elke sirkel en vou toe. Knyp die rand toe met jou vingerpunte om die vulsel te seël. Herhaal met al die deeg en vulsel.  

5 KRUMMEL

Doop die halfmaanpasteitjies eers in die eierwit en dan in die krummels tot mooi bedek. Herhaal met al die pasteitjies en sit vir sowat 30 minute in die yskas om ferm te raak.  

6 BRAAI

Diepbraai die happies in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.