Varklies is een van die lekkerste varkvleissnitte en is uiters geskik vir oondrooster.

Vir die appelsous

  • 4–6 appels, afhangend van grootte, geskil
  • 60–125 ml strooisuiker
  • 30–45 ml botter
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • kaneel

1 Voorverhit oond tot 140 °C. Sny die vetlaag in met ’n skerp mes soos in die video verduidelik. Vryf dit deeglik in met sout; maak seker jy vryf ook die sout by die insnydings in. Laat die varklies minstens 30 minute oop in die yskas lê; die sout droog die vetlaag uit en dit verseker ’n brosser eindresultaat.

2 Pak die lourierblare, knoffel en salieblare in ’n oondpan en sit die vleis bo-op. Giet sowat 1 cm water in die pan en sit vir sowat 3 uur onbedek in die oond.

3 Maak intussen die appelsous Sny die appels in kwarte en verwyder die pitte. Sit dit saam met 125 ml water in ’n kastrol oor matige hitte. Sit die deksel op en laat prut tot die appels sag is. Breek die appel effens op en roer die strooisuiker, botter en suurlemoensap by. Jy kan ook ’n bietjie kaneel byroer as jy wil.

4 Verhoog die oondtemperatuur tot 220 °C en rooster die varkvleis vir nog 20–30 minute of tot die vetlaag bros is. Haal uit die oond en laat rus vir sowat 15 minute voordat jy die vleis voorsny.