1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Verhit die olie en braai die uie, knoffel en tiemie saam tot glansend. Roer gereeld; dit is belangrik dat die uie eers versag voor dit begin karamelliseer. Braai nou nog ’n rukkie totdat die uie begin verkleur. Verwyder van die hitte.

2. Rasper die aartappels grof. Vou dit dan toe in ’n vadoek en druk al die vog uit. Sit die aartappels in ’n mengbak en meng met die room, sout en peper.

3. Smeer nou ’n oondbak met ’n bietjie van die ansjovis-olie uit die botteltjie. Skep die aartappelmengsel daarin en druk vas met ’n lepel. Versprei die uie eweredig bo-op. Rangskik die ansjovissies in ’n kruispatroon en sprinkel die olywe oor. Bak vir 45 minute of tot die aartappels sag en die bolaag bruin is. Sit warm voor.