1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die appelblokkies, grenadellapulp en suiker in ’n mengbak. Skep dit in 8 vuurvaste oondbakkies of ramekins of koppies.

2. Meng die hawermout, koekmeel en bruinsuiker in ’n mengbak. Vryf die botter met jou vingerpunte in en roer dan die klapper en amandels by. Sprinkel dit eweredig oor die vrugte en bak dit sowat 20 minute tot goudbruin en bros. Sit voor saam met tuisgemaakte vla of dik room.