Oondtemperatuur: 150 °C

1 Smeer ’n 23 cm-tertbak of losboom-randkoekpan, en voer die bodem uit met gesmeerde bakpapier.

Klits die strooisuiker, vanieljesaadjies en eiers saam tot lig en donsig. Voeg die suurlemoenskil, melk en botter by.

Meng die gemaalde amandels, meel en bakpoeier, en roer dit in die eiermengsel.

4 Giet die helfte van die beslag in die tertbak. Rangskik die helfte van die appelskyfies bo-op, en sprinkel ’n bietjie strooisuiker oor. Giet die orige beslag oor die appelskyfies, rangskik die laaste helfte appelskyfies bo-op, en sprinkel weer ’n bietjie strooisuiker oor. Bak die tert vir 45-60 minute en laat dit afkoel.