1. Kook die pasta in soutwater tot al dente. Verhit intussen die olyfolie in ’n pan en braai die vinkel en sprietuie tot gaar en geurig. Meng die salm by en hou eenkant.

2. Verhit ’n riffelpan en braai die suurlemoen, gesnyde kant eerste, tot warm en gerooster. Dit verbeter die geur en maak dit makliker om die sap uit te druk. Skep die vlees uit die avokado, meng dit met die jogurt en geur na smaak met die warm suurlemoensap, sout en swartpeper (gebruik ’n staafmenger vir ’n gladde tekstuur).

3. Sodra die pasta reg is, meng dadelik die salmroerbraai en avokadosous daardeur. Garneer met fyn vinkelblaartjies en sit dadelik voor terwyl dit warm is.