Wenk Ontbeende varknektjops of hoenderdytjies werk ook lekker met dié metode.

Baksak-bief-nuusbrief

Genoeg vir 4

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: sowat 45 minute

• 8 dungesnyde skyfies bief

• 15 ml gegeurde meel

• 1 duim gemmer, geskil en fyngekap

• 1 groenrissie, gekap

• 1 lourierblaar

• 1 rooi-ui, in wiggies gesny

• 500 g baba-aartappels, gehalveer

• 12 klein wortels, geskrop

• 120 ml klappermelk

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die vleis met die meel, gemmer, rissie en lourierblaar. Sit dit saam met die groente in ’n groot baksak op ’n bakplaat en gooi die klappermelk oor. Seël en prik met ’n skerp mes. Bak in die middel van die oond vir sowat 45 minute. Geur met sout en peper. Sit voor met ertjies en slaai.