1 Verhit die olyfolie en braai die vinkel en wortel tot die groente glansend is en begin kleur kry. Roer die knoffel en gemmer by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die beet, aartappel en aftreksel by en laat prut rustig vir sowat 30 minute of tot die beet en aartappel sag is. Maak die sop fyn met ’n staafmenger – dit moet redelik dik, maar fluweelglad wees.

2 Meng die suurroom, borrie- en peperwortel. Geur met sout en peper na smaak en verdun met ’n bietjie melk, of verwarm – die room moet loperig wees. Skep ’n lepeltjie room op elke bakkie sop en garneer met die vinkelblaartjies en ’n hopie aartappeltjippies vir knars.