1 Maak die sous Klits die eiergele, suurlemoensap, karringmelk en peper saam in ’n mikrogolfveilige glasmengbak tot dik en lig van kleur (gebruik liefs ’n elektriese klitser). Klits die botter geleidelik by tot die sous dik en glad is.

2 Kook nou die sous in die mikrogolfoond op hoog vir 1 minuut, maar klits elke 15 sekondes. Klits laaste die kookwater geleidelik by om die sous effens te verdun. Geur met sout en vars kruie na smaak. 

3 Sny die roosterkoeke deur en rooster droog in ’n pan. Bedek elke onderste helfte met roket, biltong en tamatie, gevolg deur ’n eier. Drup mildelik hollandaisesous oor en smul dadelik! 

Wenk Ek maak die sous graag met tuisgemaakte knoffelbotter wat met vars kruie en suurlemoenskil gegeur is. As jy nie lus het vir knoffel eerste ding in die oggend nie, kan jy natuurlik gewone gesoute botter gebruik. Gebakte eiers is vir my baie minder moeite as geposjeerde eiers (en net so lekker), maar die keuse is joune.