1. Vir die kruiepesto Maak die kruie, sprietuie, parmesaan, neute, asyn en heuning saam fyn in ’n voedselverwerker. Voeg die olie in ’n dun straal by en verwerk tot ’n loperige pesto. Geur na smaak met sout en peper.

2. Sny die ham in die lengte in repe en draai dit om die aarbeie en spanspek- balletjies. Skeur die mozzarella kleiner en meng met genoeg kruiepesto na jou smaak. Rangskik nou al die bestanddele op ’n mooi bord en sit voor met ekstra kruiepesto.

Wenk As daar pesto oorbly, bedek dit met ’n lagie olyfolie en bêre vir tot ’n week in die yskas.