Gebruik ’n staafmenger om die vrugte en stroop saam te verpulp. Werk die mengsel deur ’n sif as jy nie pitte in jou bevrore jogurt wil hê nie – ek hou nogal van die tekstuur. Meng dit met die jogurt en verkoel tot koud. Giet dit in ’n roomysmasjien en wag in spanning totdat dit reg is om te geniet. Sit dit voor met vars bessies.