1. Die eerste stap is opsioneel, maar ek is mal oor die geur wat dit verskaf. Meng die bene, srirachasous, knoffel, ui, lourierblare en olie en rooster dit in ’n oondpan onder ’n voorverhitte roosterelement tot goed bruin.

2. Skep die inhoud van die oondpan in ’n groot pot en voeg die res van die bestanddele, behalwe die spek, by. Bring tot kookpunt en draai die hitte af tot die pot net liggies borrel. Laat prut nou stadig vir ’n paar uur tot dik en geurig. Skep deurgaans enige skuim af wat op die oppervlak verskyn. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor met die stukkies bros spek.