Biefroerbraai met lemoen

akkreditasie
Foto's: Francois Oberholster
Foto's: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 15 ml - sesamolie
  • 400 g - steakrepies
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • 1 - bossie sprietuie, gekap
  • 1 - rooi brandrissie, gekap
  • 1 - duim vars gemmer, geskil en gerasper
  • 5 ml - mosterdsaad
  • 2 - wortels, in linte gesny of 6 babawortels, in die lengte in vier gesny
  • 1 - geel soetrissie, in repies gesny
  • 60 ml - vars lemoensap
  • 60 ml - beesvleisaftreksel
  • 15 ml - sojasous
  • 15 ml - heuning
  • 30 ml - sesamsaad, gerooster
  • 2 - klein lemoene, geskil en in segmente gesny
  • - gestoomde rys om mee voor te sit
Metode
Die geheim van ’n suksesvolle roerbraai is ’n baie warm wok of pan sodat die vleis blitsvinnig gaar braai en nie oorgaar of taai raak nie. Vervang gerus die beesvleis met varkrepies of hoender.

1 Verhit die olie in ’n wok of braaipan oor hoë hitte. Roerbraai die vleisrepies blitsvinnig saam met die knoffel en sprietuie vir sowat 2–3 minute tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.

2 Braai nou die brand-rissie, gemmer, mosterd,wortels en soetrissie vir sowat 2 minute in dieselfde wok, weer oor hoë hitte.Skep uit by die vleis.

3 Giet die lemoensap, aftreksel, sojasous en heuning in die wok en kook vir 2–3 minute of totdat die sous begin dik word. Roer die vleis en groente by en strooi die sesamsaad bo-oor. Verwyder van die hitte, garneer met die vars lemoensegmente en sit voor met die rys. Vars koljander of basilie is ’n opsionele ekstra.

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees