Genoeg vir 1 brood

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

750 ml bruismeel

80 ml suiker

5 ml seesoutvlokkies

330 ml bier

15 ml olyfolie

Opsioneel:

1 peer, in papierdun skyfies gesny

sowat 60 g romerige bloukaas, gekrummel

2 takkies tiemie

1 Voorverhit die oond. Spuit ’n klein broodpan met kleefwerende kossproei.

2 Sif die meel en suiker saam. Voeg die sout by en roer die bier en olie by om ’n dik beslag te vorm. Skep dit in die voorbereide pannetjie. Druk nou die peerskyfies en bloukaas hier en daar in die deeg; bo-op ook. Sprinkel die tiemie oor en bak vir sowat 40 minute of tot deurgaar. Sit voor met regte botter.