1 Rangskik eers al die bolaagbestanddele in blompatrone op ’n kapplank – maak met die tamatiewiggies vuurpyle op lang stele; madeliefies van die olywe, brandrissieskyfies en pietersielieblare, ensovoorts, totdat jy tevrede met jou ontwerp is.

2 Knie die gekoopte deeg af deur die lug daaruit te druk. Smeer ’n bakplaat (35 x 40 cm) ruim met olyfolie en druk die deeg in ’n eweredige laag daarin plat, ongeveer 1,5cm dik (dit gaan weer so ’n bietjie rys). Voorverhit die oond tot 200 °C.

3 Rangskik jou bolaagbestanddele dan in jou patroon op die broodjie. Wanneer dit lyk soos jy wil hê, laat die deeg rys tot dubbel die volume.

4 Bak die broodjie tot gaar en uitgerys (afhangend van die dikte sowat 30 minute). Laat dit afkoel op ’n draadrakkie. Strooi ’n knypie growwe seesout en varsgemaalde swartpeper oor die brood en sit dit voor met olyfolie en balsemiekasyn om dit in te doop.

Gekoopte brooddeeg Onthou, as jy met koue deeg begin, sal dit langer neem om te rys as deeg by kamertemperatuur.