Sny 3 klein cos-blaarslaaikoppe in die helfte of in kwarte en sprinkel met olyfolie. Plaas ’n gietyster-riffelpan op ’n driepoot oor matige tot warm kole en voorverhit tot lekker warm. Braai nou die slaaikoppe se gesnyde kant tot liggies gerooster met mooi gebrande lyntjies – niks meer as 2 tot 3 minute nie. Rangskik die slaai op ’n mooi bord en voeg dun skywe groen appel (onthou ’n bietjie suurlemoensap om te keer dat dit verkleur) en geroosterde pekanneute by.
Vir die slaaisous
Gebruik ’n staafmenger en meng 125ml karringmelk, 125ml suurroom, 45ml mayonnaise (Franse styl), 15ml witwynasyn en ’n knippie suiker saam. Krummel nou sowat 100g skerp bloukaas (of na smaak) by en verwerk tot glad. Sprinkel 15ml fyngekapte grasuie by en geur met sout en peper na smaak. Giet in ’n glasfles met ’n skroefdeksel.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET