1. Week die brood in die melk en hou eenkant. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel saam tot glansend. Voeg die speserye by en roer tot geurig. Meng die tamatiepasta, konfyt, asyn en rissie by en verhit tot warm. Verwyder van die hitte en meng die broodmengsel, amandels, rosyntjies en koljander by en laat afkoel.

2. Voeg die geurige mengsel, sout en peper by die maalvleis en meng goed. Vorm met nat hande in 18 frikkadelle.

3. Neem 6 houtstokkies en ryg 3 frikkadelle, met ’n dubbelgevoude skyfie suurlemoen en lourierblaar tussenin, op elkeen. Braai die koftas oor matige kole tot goudbruin, gaar en sappig, of sit dit onder ’n voorverhitte roorsterelement vir sowat 4 minute aan elke kant tot mooi bruin oraloor en so gaar soos jy daarvan hou. Sit voor met geelrys, suur­ room, blatjang en sambals van jou keuse.