1 Berei die bruinrys Verhit die olie in ’n pan en braai die ui stadig daarin tot sag. Roer die knoffel, borrie en rys by en roerbraai tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die aftreksel by en laat stoom met die deksel op oor lae hitte vir sowat 35 minute totdat die korrels begin sag raak, maar nog byt het.

2 Sny die mieliepitte van die stronke af en roer dit saam met die kekerertjies by die bruinrys; laat stoom nog 10 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir 5 minute. Roer dan die suurlemoensap en -skil en die vars kruie by. Afhangend van hoe sout die aftreksel is, kan sout en peper ook nodig wees.

3 Vir die sous, sit al die bestanddele in ’n maatbeker en verwerk tot fyn met ’n staafmenger. Geur na smaak met sout en peper.

4 Braai die forel Meng die vis met die sesamolie en -saad. Verhit ’n pan tot lekker warm en braai die vis, velkant eerste, vir sowat 3–4 minute totdat die vel bros is. Druk die vis liggies plat met ’n spaan sodat dit nie omkrul nie en eweredig braai – só verseker jy ’n bros vel. Draai die porsies om en braai vinnig vir ’n minuut aan die ander kant sodat die vis ’n kors reg rondom het. Klits die heuning en soja saam, voeg dit by die pan en braai ’n laaste minuut om die vlees effens te karamelliseer en kleur te gee sonder om die bros velletjie pap te maak. Verwyder van die hitte en laat rus vir ’n minuut. Die vis behoort nou medium-gaar te wees met ’n blosende binnekant. Dikker porsies vis kan meer tyd in die pan nodig hê – as jy onseker is, toets of die vlees vlok.

5 Stel die bakkies saam Skep ’n porsie rys in elke bakkie, gevolg deur ’n skeppie patat, ’n halwe avokado, ’n porsie forel en mangosous na smaak.