1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Skil die bete en sny in dun skyfies; hou die kleure apart. Sit nou elke soort in klein oondvaste bakkies of maak foeliepakkies. Sprinkel met olyfolie en strooi die komyn, mosterdsaad en sout en peper oor. Voeg die balsemiekasyn by die rooi beet en die rooiwynasyn by die geel en pienk-en-wit bete. Bedek die oondbakkies met foelie of vou die pakkies toe en bak vir sowat 25 minute tot geurig en gaar. Laat afkoel.

2. Sit die blare op ’n mooi dienbord en versprei die biltong daaroor. Rangskik die bete bo-op en drup ook van die pansouse oor. Voeg die bokkaas en neute by.