Tahinisous

  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 45 ml vars suurlemoensap
  • 45 ml tahini
  • 30 ml water
  • 30 ml olyfolie
  1. Voorverhit die oond. Meng die botterskorsieblokkies, knoffel, speserye en olyfolie. Geur met sout en peper en meng goed deur. Sprei dit dan op ’n bakplaat uit en oondrooster vir sowat 30 minute tot gaar.
  2. Verhit die aftreksel in ’n kastrol tot kookpunt. Verwyder die kastrol van die plaat en voeg die koeskoes by. Sit die deksel op en laat vir 5 minute staan; roer die koeskoes dan los met ’n vurk.
  3. Berei die tahinisous Meng die knoffel, suurlemoensap en tahini. Voeg die water en olyfolie by om dit te verdun, en geur na smaak.
  4. Meng die botterskorsie, dennepitte, rooi ui, koljander en koeskoes en drup die tahinisous oor. Roer versigtig deur en sit voor.

Let wel Tahini is by die meeste supermarkte te kry.