Dié muffins is heerlik net so, maar dekadent verby as jy dit dik smeer met roomkaas waarby ’n bietjie versiersuiker en vanielje geklits is.

Oondtemperatuur: 180°C

1. Voorverhit die oond. Maak eers die pekanneut-bolaag deur al die bestanddele saam te pols in ’n voedselverwerker tot goed gemeng. Skep uit en hou eenkant.

2. Sif die meel,bakpoeier, sout enspeserye vir diemuffins saam. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Verwerk die botterskorsie en olie saam tot fyn met ’n staafmenger. Vou dit danom die beurt met die meelmengsel by die eiers in om ’n beslag te vorm.

3. Spuit ’n reusemuffinpan met kleefwerende kossproei of gebruik kolwyntjiedoppies of blokkies bakpapier om die holtes uit te voer en skep die beslag daarin. Krummel nou van die neutbotter bo-op elke muffin en bak vir 35–40 minute of tot gaar en uitgerys. Laat op ’n draadrakkie afkoel.