Oondtemperatuur: 180°C 

1. Sny die mieliepitte van die stronk af en meng dit met die spek, rooipeper en roos­maryn. Meng die meel, gis en sout in ’n mengbak; maak ’n holte in die middel met jou hand. Roer die water, olyfolie en heuning deur die helfte van die mielie­spek­ en ­kruiemengsel en giet dit in die holte. Meng die meel nou stadig, bietjie vir bietjie, met ’n sirkelbeweging van buite na binne by totdat die deeg te styf is om verder te roer. Keer dit uit op ’n skoon werkoppervlak en knie tot glad. Sit die deeg in ’n skoon mengbak wat met ’n bietjie olyfolie gesmeer is en bedek met ’n vadoek of kleefplastiek; laat staan op ’n warm plek om te rys tot dubbel die volume (sowat 1 uur).

2. Knie die deeg af en verdeel in vier gelyke dele; werk dan met een stuk deeg op ’n slag. Druk die deeg in ’n langerige, plat reghoek en sny met ’n skerp mes in drie linte sonder om deur die bo­rand te sny. Strooi ’n kwart van die oorblywende mielie­ spek­en­kruiemengsel oor en vleg die drie deeglinte. Druk die punte bymekaar en vou onder die vlegsel in. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en herhaal met die res van die deeg. Bedek weer en laat rys tot dubbel die volume. Voorverhit intussen die oond.

3. Verf die vlegsels met ’n bietjie melk en bak vir sowat 20–30 minute of tot goudbruin en gaar.