1 Geur die karringmelk met die speserye en ’n ruim knypie sout en laat die vis 15 minute lank daarin lê. 

2 Meng die meel en die bakpoeier en skep twee eetlepels van die karringmelk waarin die vis lê, by; roer tot ’n growwe, krummelrige meelmengsel. 

3 Doop nou die visvingers nat-nat in die krummelrige meel sodat elke vinger oraloor daarmee bedek is. Hou eenkant en herhaal tot al die vis bedek is. 

4 Verhit olie sowat 2 cm diep in ’n kastrol tot warm. Toets die hitte met ’n brood-blokkie: as dit dadelik dryf en borreltjies maak, is die olie gereed. Braai nou die visvingers – vier op ’n slag – tot goudbruin alkante. Dreineer op kombuispapier en herhaal tot al die vis gaar is. 

Aioli op twee maniere
In ’n kits Meng ’n teelepel korrelmosterd en ’n halwe teelepel baie fyn gekapte knoffel by 250 ml goeie Fransestyl-mayonnaise.
Die ware jakob Sny ’n heel knoffelbol oop, drup olyfolie oor en vou dit in foelie toe. Bak in ’n warm oond teen 200 °C vir sowat 30 minute of tot sag en gaar. Druk die sagte, gaar knoffel uit die skil en meng saam met die mosterd by die mayonnaise. Heerlik!