1 Sit die feta in ’n voedselverwerker en pols tot glad. Voeg die roomkaas by en verwerk weer tot glad. Giet nou genoeg room by vir ’n smeerbare tekstuur. Die feta maak ’n aangename sout smeer – proe en gebruik jou oordeel of jy nog room of feta wil bywerk tot dit perfek na jou smaak is.

2 Smeer die skyfies ciabatta met die geroomde feta. Rangskik die vye, beet, biltong, basilie en granaatpitte bo-op en garneer met ’n paar druppels goeie olyfolie. 

Variasies
Eksperimenteer na hartelus met kruie, sondroë tamaties, speserye en dies meer in jou geroomde feta. Of verwerk so ’n bietjie ingelegde beet saam met die feta (hulle is goeie pasmaats) vir ’n helderpienk smeer.