Sit die beet, steranys, jenewerbessies, asyn, bruinsuiker en 250 ml water in ’n klein kastrol en roer oor matige hitte totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt, draai die hitte laer en laat prut totdat die beet sag is (sowat 30 minute, afhangend van hoe groot dit gesny is). Dreineer en laat afkoel.

2 Sit die bulgurkoring en 500 ml water in ’n aparte kastrol, bring tot kookpunt en laat prut met die deksel op vir sowat 10 minute of tot die graan al dente is. Verwyder van die hitte en dreineer enige vloeistof. Geur na smaak met sout, varsgemaalde swartpeper, suurlemoensap en olyfolie.

3 Om die slaai saam te stel, meng die tamaties, komkommer, rooi ui, feta en kruie deur die bulgur en skep dit op ’n mooi dienbord. Rangskik nou die beet bo-op en strooi die granaatpitte oor. Ek meng van die beet se kookvloeistof met olyfolie as pikante slaaisous en strooi eetbare blommetjies oor die slaai vir die mooi.