1. Braai die blokkies spekvleis en die knoffel in die botter en olie in ’n groot pan tot bros. Voeg die broodblokkies en kruie by en braai vir nog ’n paar minute. Skep alles op ’n bakplaat en droog dit vir 15–20 minute uit in ’n voorverhitte oond teen 160 °C tot bros en goudbruin. Laat afkoel en gooi die knoffel weg.

2. Sit die eiers vir die slaaisous in ’n klein kastrol met water op die stoof en bring tot kookpunt; verwyder van die hitte en laat staan vir 3 minute. Dompel die eiers dan dadelik in koue water tot hanteerbaar en dop hulle af oor ’n klein bakkie. Die eiers behoort baie sag te wees – die tegniek word “wel” genoem (“coddling” in Engels). Klits nou die eiers, suurlemoensap en -skil, ansjovis, mosterd en kappertjiesaad saam tot dik. Voeg die olie geleidelik by tot effens verdik en ’n ryk, romerige sous vorm. Roer die jogurt by en geur na smaak met souten peper.

3. Stel die slaai saam Sny die cos-koppe se blare los, was in soutwater en maak goed droog. Meng die geurige croutons deur die blare en verdeel dit tussen vier borde. Verdeel die aspersies tussen die borde, drup ruim skeppies sous oor en rond mildelik af met parmesaanskaafsels. Sit die ekstra sous apart voor vir dié wat hul slaai ekstra wil dokter en lê dadelik weg.