1. Verhit die olie en braai die wortel en ui saam tot glansend. Roer die gemmer, knoffel, kerrie en brandrissie by en braai vir nog ’n paar minute tot geurig. Roer nou die tamatiepuree by en braai alles vir nog 2 minute saam.

2. Roer nou die tamaties, boontjies, tiemie en ’n tamatieblik vol kookwater by. Breek die heel tamaties rofweg met ’n spaan in stukke en laat prut, sonder ’n deksel, vir sowat 20 minute tot lekker dik.

3. Ontpit die geroosterde soetrissies en sny in repies. Roer dit dan saam met die vars koljander by die dik sous en geur na smaak met sout en peper. 

Mieliepap-pizzas

Meng ’n strooisel van jou gunsteling-gekapte kruie met sowat 250 ml warm mieliepap (gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie) en smeer dit in ’n eweredige laag op ’n bakplaat; laat staan tot koud. Strooi ’n laag gerasperde mozzarella bo-oor en bak by 200 °C tot die kaas begin borrel. Sny die pizza in skywe, skep ’n ruim lepel chakalaka op elkeen en garneer met vars basilie.

Variasie
Chakalaka is ook heerlik as ’n sous oor slap pap voorgesit saam met braaivleis, of as ’n jaffelvulsel saam met oorskietvleis.