1 Maak die stroop

Roer al die bestanddele saam in ’n klein kastrol tot al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat kook tot dik sonder om te roer. Toets dit deur ’n bietjie stroop in ’n koppie yswater te drup; wanneer jy dit uithaal en dit ’n sagte bolletjie vorm, is die stroop reg. Druk dadelik die pot se bodem in koue water om die kookproses stop te sit.

2 Maak die strikdassies

Stapel die wontons twee-twee op mekaar en sny elke duo in die helfte om 16 reghoeke te maak. Werk vinnig sodat die deeg nie uitdroog nie. Sny ’n gleufie in elke reghoek en vou dan een punt twee keer deur die gleuf om die strikdas te vorm.

3 Diepbraai

Verhit die olie tot warm en diepbraai die strikdassies in sarsies tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Doop die warm strikkies met ’n knyptang een-een in die stroop en stapel op ’n koekstaander. Eet dadelik.