Maak: 24 frikkadelle

Bereidingstyd: 25 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

Bestanddele

• 1 kg beesmaalvleis

• 125 ml droë broodkrummels

• 1 groot eier

• 60 ml gekapte platblaarpietersielie

• 15 ml gekapte vars dille

• ½ wit ui, fyngekap of gerasper

• 2 ml neut

• 30 ml elk olyfolie en botter

• 15 ml korrelmosterd

• 30 ml meel

• 250 ml louwarm melk

• 250 ml warm hoenderaftreksel (verkieslik tuisgemaak)

• korrelmosterd en granaatpitte om voor te sit

So maak jy

1 Meng die maalvleis, broodkrummels, eier, pietersielie, dille, ui en neut, sout en peper na smaak tot net gemeng. Rol die mengsel in 24 frikkadelle deur die vleis so min as moontlik te hanteer.

2 Verhit die botter en olie saam oor matige hitte. Braai ’n paar frikkadelle op ’n slag tot goudbruin; skep dit met ’n gaatjieslepel uit.

3 Klop die meel in die vet wat in die pan agterbly (as daar meer as 45 ml vet oor is, gooi die res af) en laat kook dit vir sowat 30 sekondes terwyl jy aanhou klop. Klop die melk en aftreksel geleidelik by en laat kook tot die mengsel verdik het; roer deurentyd.

4 Skep die frikkadelle in die sous en laat kook dit vir 10 minute oor matige hitte tot deurgaar. Sit die sappige frikkadelle voor met korrelmosterd, ’n sprinkeling granaatpitte of bosbessie- of ’n ander gunsteling-jellie en koolslaai.