1. Meng die maalvleis met die eier, olywe, feta, geurmiddels en broodkrummels, en geur ook met sout en peper. Skep die vleismengsel in ’n diep bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en druk eweredig plat. Prik die vleis met ’n vurk en rooster dit in ’n voorverhitte oond teen 220 °C tot goudbruin en net-net gaar (sowat 15 minute). Jy kan ook die roosterelement gebruik, maar pasop dat die vleis nie brand nie. As jy van jou burger pienk hou, rooster dit korter. Giet enige sous wat in die plaat vorm, af.

2. Sny nou die hamburgerrolletjies oop terwyl hulle steeds vas aan mekaar is. Smeer ’n laag hoemoes op die onderste helfte, gevolg deur ’n lagie bros blare, en sit dan die hele plaatburger bo-op. Rond af met tamatie en die boonste broodjies voor jy die lot in kleiner burgers sny.