Verhit die botter en braai die uie tot sag en glansend. Voeg die dhal, borrie en 750 ml water by. Bring tot kookpunt en laat prut oor matige hitte totdat die dhal begin sag word (sowat 30–40 minute). Skep deurgaans enige skuim af wat bo-op vorm.

2 Geur na smaak met sout en peper en garam masala. Oordeel of die tekstuur vir jou reg is. Die dhal moet soos pap lyk – dikker as sop, maar slapper as hoemoes. Voeg nog water by of kook dit langer indien dit te dik is. Jy kan die dhal ook met ’n staafmengser fyner maak.

3 Verhit die olie en botter saam in ’n klein pan en rooster die komyn, mosterd en vinkel saam tot geurig. Roer die kerrieblare, knoffel, rissie, gemmer en tamaties by en braai ’n paar minute lank. Verwyder van die hitte en skep die tamatiemengsel bo-op die dhal. Sit net so voor met ’n strooisel vars koljander as bygereg, of voeg geroosterde skyfies botterskorsie en kekerertjies by vir ’n vullender hoofgereg.

Variasies
  • Verander die dhal in ’n sop deur ’n koppie aftreksel en ’n blik klappermelk by te voeg. Roer ’n hand vol babaspinasie by die warm sop vir ekstra groentelekkerte.

  • Vervang die chana dhal met rooi lensies en voeg skyfies geroosterde eiervrug by.