Oondtemperatuur: 180°C 

1. Braai die ui stadig in die olie tot glansend, maar nie gekleur nie. Voeg die speserye by en braai dit vir nog ’n halfminuut tot geurig. Roer die blatjang by en verwyderdit van die hitte. Laat die uimengsel effens afkoel en meng dit deur die maalvleis saam met die broodkrummels, kappertjiesaaden pietersielie. Geur met sout en peper na smaak en verdeel in 4 ewe groot koekies.

2. Smelt die botter en olie saam in ’n oondvaste pan en braai die vleiskoekies versigtig tot goudbruin alkante. Sit nou die pan in ’n voorverhitte oond vir sowat 15 minute – die vleis moet nog sappig wees. Sit die laaste 5 minute ’n skyf kaas op elke vleiskoekie sodat dit lekker kan smelt.

3. Sny die broodrolletjies oop en smeer met peperwortelsous; laai dit met roket, gevolg deur twee vleiskoekies. As jy ekstra dekadent wil wees, voeg ’n gebakte eier, kersietamaties en uieringe by.