1. Voorverhit die hond tot 160°C.

2. Maak die kors: Meng die beskuitjies, botter en kaas in ’n mengbak. Voer die bodem van ’n 20 cm-veerklamppan met die beskuitjiemengsel uit en druk dit liggies vas met die vingerpunte. Hou die kors in die yskas totdat jy dit nodig kry.

3. Maak die vulsel: Verhit die botter, soteer die preie tot sag en deurskynend en verwyder dit van die plaat. Klop die roomkaas, suurroom, eiers, parmesaan en feta in ’n mengbak en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg die dille by.

4. Skep die vulsel in die voorbereide kors en bak vir 70 minute of tot dit gaar en gestol is. Verwyder uit die oond en laat die kaaskoek vir 10 minute staan voordat jy dit sny.

5. Braai die spekvleisrepe tot bros en sit dit saam met die kaaskoekskywe voor.