Oondtemperatuur: 160 °C

Voorverhit die oond. Was die vleis en maak met ’n skerp mes insnydings oraloor deur die vel. Sit die vleis saam met die groente, lourierblaar en meel in ’n baksakkie in ’n oondbak. Giet die gemmerbier oor die inhoud – werk versigtig sodat als in die sakkie bly. Knoop die sakkie goed toe, knip ’n paar klein stoomgaatjies in die bokant en bak vir sowat 3 uur. Laat dan vir sowat 30 minute afkoel in die vloeistof.

2 Haal die vleis uit die sakkie en sit dit op ’n draadrak in die oondbak. Giet 500 ml van die kookvloeistof uit in ’n kastrol, voeg die res van die glaseersel-bestanddele by en kook af tot lekker dik.

Verhit nou die oond tot 200 °C. Verf die glaseersel mildelik oor die vleis en bak totdat die vleis blink. Bedruip gereeld tot dit na jou sin lyk. Sit voor met oondgebakte aartappels en groente.