1 Sit die ertjies, groente, bossie kruie (as jy dit wil gebruik) en vleis in ’n groot pot en giet die aftreksel by. Verhit dit tot kookpunt, bedek die kastrol, verlaag die hitte en laat prut die sop sowat 3 uur. Skep enige skuim wat bo-op vorm af en gooi weg.

2 Die vleis moet ná 3 uur sag genoeg wees om van die been af te val. Verwyder die vleis van die been en druk dit in kleiner stukkies, of vlok dit met twee vurke. Gooi ook die bossie kruie weg.

3 Proe die sop en geur indien nodig. Skep die vleis terug en roer deur. Sit die sop voor met tuisgebakte brood.