book-icon Uitgawe Desember 2017
Deel

Fees-koekstruif

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 1 uur
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: Geen
Bestanddele
  • 500 ml - room
  • 70 g (80 ml) - strooisuiker
  • 1 - vanieljepeul, saadjies uitgekrap
  • 15 ml - gelatien
  • 50 ml - koue water
  • 400 g - vars frambose, bloubessies en aarbeie
  • 250 g - meringues
  • 1 x 280 g - -madeirakoek, in skywe gesny
  • 125 ml - sjerrie
  • 500 ml - vla
  • 1 liter - roomys van jou keuse
Metode
Meer feestelik as dié koekstruif gaan jy sukkel om te kry!

1. Verhit die room, suiker, vanieljesaadjies en -peul oor matige hitte tot kookpunt en laat prut vir ’n paar minute. Strooi die gelatien oor die koue water in ’n bakkie en laat staan vir ’n paar minute om te week. Verwyder die warm roommengsel van die plaat en haal die vanieljepeul uit. Roer die gesponsde gelatien by totdat dit gesmelt het. Giet die mengsel dan onderin ’n mooi glasbak (met ’n volume van sowat 2 liter). Sit dit in die yskas tot gestol.

2. Strooi die helfte van die frambose, bloubessies en aarbeie oor die gestolde roommengsel. Krummel die helfte van die meringues en sprinkel bo-oor die bessies.

3. Pak ’n laag madeirakoekskywe bo-op en sprinkel die helfte van die sjerrie oor, gevolg deur die res van die bessies. Giet die vla oor, pak nog ’n laag koekskywe op, gevolg deur die laaste sjerrie – sit in die yskas tot jy dit wil voorsit met roomysballe bo-op.

MAAK BLOMME MET BOTTERVERSIERSEL

Jongste uitgawe

Julie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees